ORRELISTE VAN TOEKA TOT NOU
Mev. Olga Rademan 1964 - 1999 |
Mej. René de Vos (Human) (Hulp orrelis) |
Mev. Bessie Haasbroek (Hulp orrelis) |
Dr. Bert Top (Aflos: Orrel)
|
Mev. Irma Geldenhuys (Aflos: Orrel/Klavier) |
Mev. Marelize Boshoff (Aflos: Orrel/Klavier) |
Mev. Carin Louw 2000 - 2015 |
Mev. Isabel Kruger 2016 - Huidige orrelis |
Haar besondere musikale vermoëns is reeds tydens die verwelkoming van ds. Johan en mev. Dala Pietersen op
5 Desember 1964 ervaar, toe die nuutgestigte kerkkoor die pastorie-paar toegesing het, met:
“Hoe lieflik is die voete van hulle wat die boodskap ons bring...”
Gedurende haar dienstydperk van 35 jaar as orrelis van Kroonstad-Oosgemeente, was dit nie net die orrelspel in
die kerk by eredienste, troues en so meer wat altyd met presisie en entoesiasme vertolk is nie. Sy het ook met die
ondersteuning van prof Michel Schneider, orrelis van die Keulen-katedraal, ‘n groot rol gespeel met opstelling van die disposisie van die
driemanuaal-orrel . Die orrel is steeds bekend as een vandie bestes in die land.
Mev. Olga Rademan het ook die musiekomgewing van Kroonstad se gemeenskap verryk deur die aanbieding van uitvoerings soos
Messias van Handel, Dawid die Herderseun en talle optredes deur die kerk- en mannekoor. Sy het dikwels die leiding geneem met die
aanbieding van simposiums, werkwinkels en gemeente-byeenkomste waartydens daar besin is oor die wese en betekenis, asook die
stand van musiek in en om die eredienste.
Sy is gedurende haar diensjare bygestaan deur René de Vos en later Bessie Haasbroek. By tye het gemeentelede soos Bert Top,
Irma Geldenhuys en Marelize Boshoff ook die orrelspel tydens eredienste en ander musiekprogramme waargeneem.
Na haar uittrede het die gemeente vir ‘n paar maande om die beurt van bogenoemde orreliste gebruik gemaak. Dit was egter nie ’n baie
praktiese reëling nie en Carin Louw word aangestel as orrelis van die Kroonstad-Oosgemeente vanaf 1 April 2000.
|
EERSTE KOOR |
Op ‘n vraag oor haar ervaring van veertien jaar as orrelis van die gemeente, sê Carin die volgende:
“Dit is en was vir my ‘n voorreg om saam met di. Chris de Wet, Wikus Venter en Darius Botha deelte wees
van die eredienste in ons gemeente.
My rol as orrelis was aanvanklik net om die begeleiding van die gemeentesang op ons pragtige kerkorrel waar te neem.
Mettertyd het hierdie rol ontwikkel tot leier van die gemeentesang voor en tydens die erediens. Ek maak hoofsaaklik
gebruik van die klavier en kerkorrel en poog om met my aanvoeling vir die kerklied die tema van ons predikers verder
aan te vul met Woord en Lied. Dit is vir my ‘n voorreg om elke Sondag met begeleiding van voorsang die prediking
vooraf te gaan omsaam met gemeentelede die Here te loof en prys deur middel van ons stemme.
Deur die jare het talle gemeentelede deelgeneem en gebou aan ons gemeentesang. Gedurende my eerste jare as orrelis, het talle jong
musikante van ons gemeente meegedoen en luister verleen aan die erediens. Dit was ‘n groot verlies toe dr. Bert Top na Bloemfontein
verhuis het en ons nie meer periodiek na sy passievolle orrelspel kon luister nie. Ek onthou hoe Bert by geleentheid ’n 24-uur
orrel-marathon gehou het en deur die nag orrel gespeel het. Beslis ‘n unieke geleentheid!
Die gemeentesang het ook ‘n behoefte aan ‘n voorsanggroep ontwikkel en gemeente-lede het onbaatsugtig ywerig meegdoen aan hierdie
aktiwiteit. Ons gemeente se voorsangers dra by tot die aanleer van nuwe liedere, maar bring ook ‘n nuwe dimensie van lofprysing na vore.
Sonder hierdie ondersteuning, sou ons eredienste beslis armer gewees het aan sang en musiek.
Verskeie kore het ook aan Kerssang-, Pinkster- en eredienste deelgeneem. Al Kroonstad se skoolkore het in ons kerk opgetree, sowel as
verskeie ander musiekgroepe en het ook so God se lof en eer verkondig. Talle jong belowende swart sangers het al tydens ons eredienste
opgetree en spesiale luister aan die erediens verleen. Ons gemeente het ook ‘n Mans- en Dames-sanggroep gehad wat opgetree het tydens
die jaarlikse Kerssangdiens gedurende ds. Chris de Wet se tydperk as leraar van die gemeente.
Oor baie jare heen was mev. Olga Rademan se musikale insette hoog op prys gestel. Ek eer haar vir haar bydrae tot ons kerk se
musiek-geskiedenis as orrelis, koorleier en toegewyde musiekonderwyseres. Sonder haar opofferings, bydraes en liefde vir kerkmusiek,
sou die musieklewe van Kroonstad ‘n groot leemte gehad het.
Na 14 jaar as orrelis van hierdie gemeente kan ek, Carin Louw, maar net sê: Deo Gloria!” |