Die Begin
Stigtingsvergadering:
24 Julie 1964 - 18h00
|
Naam van die gemeente:
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oranje Vrystaat, Gemeente Kroonstad-Oos. |
Die eerste geboue waarin aanbid is |
Vir die eerste ses maande ná afstigting aanbid die gemeente
Kroonstad-Oos nog saam met Kroonstad-Suid, maar op Sondagmôre
7 Februarie 1965 vergader hulle vir die eerste keer as gemeente op
hulle eie in die DE WET ERLANKSAAL, diep bewus van hulle
verantwoordelikheid om nie alleen 'n eie plek van aanbidding op te
rig nie, maar om bo-alles gebou te word as gemeente van Jesus
Christus. Ds. J. C. Pietersen verkondig die Woord van die Here na
luid van Nehemia 2 vers 18 aan 374 aanwesiges.
"En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk".
|
![]() |
![]() |
Vanaf Sondag 4 September 1966 word alle eredienste en
Sondagskoolbyeenkomste as gevolg van die bouwerksaamhede
aan die Erlanksaal in die pasvoltooide, sierlike en doeltreffend
SAAL VAN DIE KROONSTAD HOëRSKOOL gehou.
'Langs hierdie weg wil ons die betrokke twee Skoolkommissies
asook die Departement van Onderwys, O.V.S., verseker van die
opregte dank en innige waardering van die kerkraad en gemeente vir
die goedgunstige verlening van die genoemde geriewe.' |
En toe, op Sondagaand, 29 Januarie 1967 is die eerste
erediens in dieOPSLAANSAAL op die kerkterrein waargeneem en
van toe af al die aanddienste en byeenkomste van Kerkraad,
S.H.D., A.C.S.V. en K.S.K. |
![]() |
Beroepe:
Eerste beroep: 15 Augustus 1964 -
Ds. J. C. Pietersen. Tweede beroep: 9 September 1964 -
Ds. J. C. Pietersen. |
Ds. J. C. Pietersen |
Ds. J. C. Pietersen aanvaar
die beroep en word
bevestig op
4 & 5 Desember 1964
in die kerkgebou van
Kroonstad-Suid. |
Intreepreek:
Sondag 6 Desember 1964.
Teksvers: Genesis 37: 15,16
"Wat soek jy?
En Hy antwoord:
Ek soek my broers." |
Bruidskat: Kontant - R16000.00 Pastorie - Ert 2105: Van Reenenstraat 12
|
![]() |
Eerste Kerkraad in amp bevestig - 26 Julie 1964. |
|
Aantal wyke: 16 8 dorp, 5 plotte, 3 plaaswyke. |
Ampdraers
P. J. B. van Schalkwyk
Skriba |
M. G. Wessels
Kassier |
Mev. Olga Rademan
Orreliste |
Mnr. van Deventer
Koster |
Johan Pietersen
Koster in die Opslaansaal |
Mej. René de Vos
Hulp Orreliste |
Kerkgronde
So het die Here voorsien.
was ook erf nr. 2335, gedeelte 1 vir 'n kerkgebou (33;808vt2) en gedeelte 2 vir 'n pastorie (29,900vk2) Genoemde erf was geleë langs die verlenging van De Vosstraat in 'n suidelike rigting- ongeveer tussen die huidige kerkgebou en die omheining langs die verbypad teen Barnardstraat. Wes van genoemde erf sou erwe vir 'n klein sakesentrum en 'n woonstelblok beskikbaar wees, terwyl die res tussen die huidige Fleck- en Barnardstrate tot by Robertsonstraat as park ontwikkel sou word. Reeds op die eerste kerkraadsvergadering van 9 September 1964, besef die kerkraad dat erf nr. 2335 met sy twee gedeeltes nie groot genoeg vir 'n kerkgebou en 'n pastorie sou wees nie en benoem 'n kommissie onder voorsitterskap van ouderling Chris Borchardt om ondersoek in te stel. Op 12 November 1964 rapporteer hierdie kommissie dat daar geen ander erwe beskikbaar is nie en dat die verbypad nie steurend sal wees nie en dat daar liewer gewag moet word tot na die bevestiging van die eerste leraar. |
Op die eerste kerkraadsvergadering na die bevestiging van ds. J. C. Pietersen, gehou op 25 Januarie 1965, word die volgende terreine na intensiewe ondersoek aan die kerkraad voorgelê: i) Gedeeltes 1 en 2 van ert 2335 soos reeds vermeld. ii) 'n Gedeelte van ert 2317 wat staatseiendom is en ten opsigte waarvan onderhandelinge aangeknoop sal moet word met die P.A.O. en die Departement van Onderwys. Die onderhandelinge mag nog 'n geruime tyd duur. iii) Erf 2222 kan moontlik bekom word. Kerkraadslede word versoek om hulle van genoemde persele te vergewis en op Sondag 7 Februarie 1965 voor die oggenddiens hul mening te lug. Aangesien geeneen van genoemde terreine aan die vereistes voldoen het nie, is met die stadsraad en met die stadsingenieur, mnr. J. A. Louw, onderhandel en kan die kerkraad op sy vergadering van 12 Maart 1965 kennis neem dat die stadsraad gewillig was om, nadat erf nr. 2335 aan hulle teruggegee is, die terrein en omgewing te herbeplan. So bekom die kerkraad die gedeelte tussen Fleck- en du Randstraat en Marshallstraat, vir 'n kerkgebou en 'n kerksaal. Die res van die gebied word in 42 woonerwe verdeel en die aanvanklike voorgestelde sakekompleks, woonstelblok en park verval.
|
Op 11 Junie 1965 stel die stadsklerk die kerkraad in kennis dat die
perseel kosteloos aan die kerkraad oorgedra word. Daar kon
van die betrokke gebied goedkeur. |
Op 13 Augustus 1965 versoek die kerkraad dat die stadsraad 'n
perseel in die onmiddellike omgewing van die kerkperseel vir 'n
erf nr. 5200 teen die insetprys van R1220 verkry en
gekonsolideer en is tans bekend as Marshallstraat 1. |
Die Kerkgebou
Die terrein vir die oprigting van 'n kerkgebou was nou beskikbaar en kon met die bouprogram begin word. Op die eerste kerkraadsvergadering onder ds. Pietersen se voor- sitterskap, is op voorstel van br. P. J. Rabie besluit om 'n kerkgebou en 'n kerksaal te beplan mits die fondse voldoende is. Voorts word besluit om vanaf 6 Februarie 1965 dienste te hou in die De Wet Erlanksaal van die Sentrale Volkskool. Genoemde saal het ongeveer 550 sitplekke en daar is klaskamers vir kategese beskikbaar. Diaken B. B. Keet word as argitek aangestel nadat die lot moes beslis aangesien hy en diaken I. D. Bosman eweveel stemme gekry het. Daarna besoek hy en die orreliste saam met die boukommissie etlike kerkgeboue, veral in Transvaal. Op 9 April 1965 Iê die argitek sketsplanne voor en verduidelik die riglyne wat gevolg is:
11.1.1 Die liturgiese ruimte vir die nagmaaltafel, doopvont en moet hoër wees as die res van die vloeroppervlak. 11.1.2 Die kerkgebou moet nie die indruk skep van dat die gemeente platgedruk word nie. Die dak moet hoogte hê. 11.1.3 Daar moet nie een of ander hoekie wees waarin iemand vasgehok word nie. 11.1.4 Die tempel-idee is in gedagte gehou. 11.1.5 Die kerkgebou moet aanbidding stimileer. 11.1.6 Die gebou moet vir baie jare gebruik kan word sonder vervanging. Op voorstel van ouderling C. H. J. Wilken word besluit dat die planne in beginsel aanvaar word en dat die argitek voortgaan met die werkstekeninge.
Argitek B.B. Keet
|
Tempel-idee
SALOMO SE TEMPEL, 954-586 vC
Salomo se tempel in Jerusalem was 'n indrukwekkende gebou, versier met
goud, silwer, brons en sederhout. Dit het sewe jaar geneem om te bou.
TOEBEHORE
Gerubs dui op hemelse wesens wat in God se teenwoordigheid verkeer en as
wagte gedien het (Gen 3:24) (met goud oorgetrek, 5 meter hoog en wyd).
Die Ark van die verbond: Dit het die twee plat klippe van die verbond bevat
en het God se teenwoordigheid versinnebeeld (hout met goud oorgetrek).
Voorhangsel: Dit het die Allerheiligste van die Heilige geskei (blou, pers
en bloedrooi wol en linne, met uitbeeldings van gerubs daarop uitgewerk).
Dubbeldeur: tussen die Allerheiligste en die Heilige (hout, oorgetrek met goud).
Goue tafels (hout met goud oorgetrek), goue kandelare (met lampe),
goue altaarl (hout met goud oorgetrek), gereedskap vir priesterlike
funksies in die Heilige.
Bronspilare genaamd Jakin ("mag hy vasmaak”) en Boas (”mag sterkte in hom
wees ”) wat dui op die sekuriteit en stabiliteit wat God in sy tempel bied.
Brandofferaltaar waarop die brandoffers geoffer is (brons).
Waterbak wat chaos voorgestel het (brons).
Brons waentjies met waskomme vir seremoniële wassinge.
|
Boukommissie: Ds. J. C. Pietersen (voorsitter), brs. C. L. de J. Borchardt, H. L Kleynhans, P. J. Rabie, M. G. Wessels, Later word brs. J. H. H. Grobler, P. J. B. van Schalkwyk (skriba) en J. A. den Hartog (bourekenaar) bygevoeg. |
Twee maande later Ie die argitek die planne aan die kerkraad voor. Op voorstel van broers. P. J. Rabie en J. J. Nel word besluit dat: 1. Die planne goedgekeur word 2. Tenders gevra word 3. Tenderaars moet meld: (a) Koste van die kerk en (b) Koste van die kerkgebou en die kerksaal. Op 13 Augustus 1965 word die verslag van die raadgewende ingenieur voorgelees waarin aanbeveel word dat die kerk en die kerksaal op heipale moet staan en dat die vloer vrydraend moet wees. Dit word so besluit en so kom dit dat ongeveer 80 heipale van tot 9m diep en verleng tot 13,7 m bo die grond die vloer en die dak dra. Op 11 Februarie 1966 neem die kerkraad kennis dat 'n lening deur die kerkkantoor ten bed rae van R80,000 toegestaan is. Die tender van die firma Jan Fokkens Bouers en Kontrakteurs word aanvaar op voorstel van brs. P. J. Rabie en J. H. H. Grobler. |
Op Sondag 14 Augustus 1966 om 15h30 word i.p.v. 'n sooispitfunksie, 'n wydingsdiens op die terrein waar die kerkgebou opgerig moet word, gehou. Die teksvers by die geleentheid is 2 Tim. 2:19 "Ewenwel, die fondament van God staan vas .. " Almal teenwoordig kry geleentheid om hulle name op 'n rol te teken wat saam met 'n volle reeks van die ou geldstelsel: ponde, sjielings en pennies, asook 'n volledige reeks van die desimale geldstelsel (rand en sent) in 'n kopersilinder verseël sou word om later agter die hoeksteen ingemessel te word.
Op die hoeksteen staan die woorde: "Here, ek het lief die woning van U huis en die woonplek van U heerlikheid." (Ps. 26:8)
Die sierlike kerkgebou word voltooi en oor die naweek van 15 en 16 Maart 1968 feestelik in gebruik geneem. |
|
Die Kerksaal
Op 24 Junie 1966 het die kerkraad besluit om voorlopig net met die bou van die
kerkgebou voort te gaan. Die behoefte aan 'n doelmatige saal vir die gemeentelike
aktiwiteite het egter al hoe dringender geword.
Op 14 Mei 1973 beveel die finansiele kommissie aan dat die dagbestuur met die argitek
sal onderhandel om vas te stel op welke wys die oorspronklike plan van die saal gewysig
kan word om aan die huidige vereistes te voldoen.
Op 11 Junie 1973 neem die kerkraad kennis dat die beoogde wysigings kan meebring
dat die oorspronklike planne nie meer gebruik sal kan word nie.
|
Op 12 November 1973 word
'n kommissie aangewys om in te gaan op
alle aspekte rakende die oprigting van 'n saal
en kategeseklaskamers.
Op 'n buitengewone vergadering op
3 Desember 1973 stel ouderling
D. J. Scheepers voor dat opdrag gegee
word aan 'n argitek om 'n meer
praktiese projek te beplan en dat
Volkskas Bpk. genader word vir
oortrekkingsfasiliteite te bedrae van
R100 000.
Op 11 Februarie 1974 - 1e argitek
E. J. Bloem die nuwe planne voor.
Hy gee ook 'n oorsig van waarvoor
voorsiening gemaak moes word.
Na bespreking word die planne in
beginsel aanvaar en die argitek word
versoek om die planne te finaliseer.
Op 10 Junie 1974 word die finale planne
goedgekeur en mnr. Jurie van Vuuren
word as bourekenaar benoem.
Tenders word gevra en die tender van
D en K Konstruksie van Hartwater ten
bedrae van R205 812 word aanvaar. |
Op 14 Junie 1976 besluit die kerkraad dat 'n tablet vir die onthulling tydens die inwyding van die gemeentesentrum aangebring sal word met die woorde van Kol. 3:23 daarop.: "En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie."
Oor die naweek van 12-14 Desember 1975 word die sierlike en funksionele gemeenstesentrum met sy ontspanningsfasiliteite in gebruik geneem. |
Kort na die afsterwe van mev. Pietersen op 12 Junie 1982, besluit die kerkraad op versoek van die Vroue-aksie om die sentrum in dankbare erkentlikheid na haar te vernoem. En so staan dit bekend as die DALA PIETERSEN GEMEENTESENTRUM.
|
Mev. Dala Pietersen |
Die pastorie
Op Maandag 10 Maart 1976 word 'n verslag van die Eiendomskommissie aan die kerkraad voorgelê oor die moontlikheid om die huidige pastorie in Van Reenenstraat 12 te verkoop en met D & K Konstruksie te onderhandel vir die moontlikheid om 'n nuwe pastorie op te rig.
Op 11 Augustus 1975 besluit die Kerkraad dat 'n nuwe pastorie gebou sal word. Br. E. J. Bloem word as argitek benoem.
Op 13 Oktober 19751e die argitek die planne voor en word besluit om met D & K Konstruksie te onderhandel om die pastorie te bou. 'n Lening van R35 000 word vir die doeI by die Kerkkantoor aangegaan.
Op 14 Februarie 1977 word besluit om die woonhuis in Van Reenenstraat per tender te verkoop op voorwaarde dat besitname eers kan plaasvind nadat die nuwe pastorie voltooi is.
|
Op 14 Maart 1977 word die tender van mnr. P. Rabie vir R37 500 aanvaar. Drie maande later was die nuwe pastorie voltooi teen 'n alles insluitende koste van R75 060.
|
Met die feestelike herdenking van die een en twintigjarige bestaan van die gemeente in 1985 kon met
dankbaarheid aangekondig word dat alle skuld i.v.m. die drie groot bouprojekte asook 'n woonhuis vir
die evangelis reeds vereffen is en dat die gemeente sonder enige skuldlas die nuwe tydperk kan ingaan.
|