Organisering van alle vrouelidmate in die gemeente vir die nodige dienswerk
Geestelike opbou van vrouelidmate in die gemeente
Inskakeling van alle vrouelidmate by die verskillende diensaksies
Kroonstad-Oos se Vroueforum is uniek Hulle is betrokke by al die diensaksies in die gemeente. Dankofferkoevertjies word kwartaalliks uitgedeel en dié bydraes word aangewend om alle verpligtinge gedurende die jaar te finansier. |
Vroueforumfunksies en ander projekte
Vroue word in 4 groepe verdeel, met ‘n leidster en sekretaresse per groep, wat verantwoordelik is vir kwartaalverpligtinge soos ingedeel.
Basaar/Karnaval
|
![]()
By hierdie funksie is
al die dames betrokke. |
“Ken-mekaar” |
|
Kerkraadsvergaderings
|
Sorg vir verversings, die dames by
die vergadering sal sorg
vir die drinkgoed. |
Wêreldbiddag vir Vroue
|
Wêreldbiddag vir Vroue (eerste
Vrydag in Maart) word altyd op
‘n spesiale manier herdenk. |
Lentetee
|
|
‘n Jaarlikse spesiale geleentheid.
|
Kerspakkies |
Verskaffing van Kerspakkies aan die einde van die jaar aan gesinne in ons gemeente, asook gesinne wat deur ENGO geïdentifiseer is. |
![]() |
Begrafnisse |
![]() |
Sorg vir verversings na die rou-/begrafnisdiens.
Ondersteun die families en sorg vir verversings na die roudiens.
Blok verantwoordelik waarin die persoon oorlede is.
|
Blomme
|
Blomme in die kerk tydens Nagmaal of enige ander spesiale geleentheid. |
|
Dankofferkoevertjies word aan die begin van elke kwartaal deur die wykleidsters uitgedeel aan vrouelidmate. Hierdie koevertjie met u bydrae kan weer aan die wykleidsters terugbesorg word, in die kollekte-sakkie gegooi word, by die kerkkantoor ingehandig word OF in die “kerkposbus” gegooi word. Al die Vroueforum se se verpligtinge word uit hierdie fondse gefinansier, BEHALWE die KERMIS/BASAAR. U ontvang kwartaalliks ‘n Staat van Inkomste en Uitgawe, sodat u kan sien waarvoor die fondse aangewend is. Enigste verdere behoefte is net hande om te kom help om hierdie projekte uit te voer! Ons maak staat op ons vrouelidmate se samewerking LW.: PLAASWYKE (Blokke 7.1, 7.2 & 7.3) & BUITEWYKE (Blok 8) Vir u gerief word koeverte agter in die jaarprogram geplaas. |
Verskillende pligte van die Vrouediens van die Ring van Valsrivier
waarvoor gemeentes verantwoordelik is
'n Vrouediensprogram word jaarliks aan gemeentes uitgereik waarop datums aangedui word
wanneer hulle verantwoordelik is vir die onderskeie uitreike.
Vroue Ringkonferensies
|
RING VAN VALSRIVIER bestaan uit elf gemeentes
Bothaville, Bothaville-Noord, Kroonheuwel-Noord, Kroonstad,
Kroonstad-Noord, Kroonstad-Oos, Kroonstad-Suid, Kroonstad-Wes,
Meyerhof, Vierfontein, Viljoenskroon
|
Manna-uitreik
|
Die Manna-uitreik is ‘n projek van ENGO waartydens daar deur verskillende gemeentes elke Woensdag voedsel aan behoeftige gesinne uitgereik word.
Kom ons reageer op die oproep tot dienswilligheid met: “Hier is ek, Here.... Stuur my.....” want Hy belowe: 'As jy jou wy aan dié wat honger is, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou na is, word soos die helder middag.....’. Jesaja 58 : 10 |
Ø Kontakpersoon: Carien von Wielligh by
ENGO, Tel: 056 212 4762 of 056 212 5896.
Ø Elke Woensdag by Kroonstad – Wes en Moedergemeente.
Ø Sop of vars produkte, sopbestanddele of blikkies kos word gegee vir 2dae se etes.
Ø Kry getalle 2 weke voor die tyd.
Ø Elke gemeente is self verantwoordelik vir die bediening van die sop of ander voedsel.
Ø Skakel ENGO vroegtydig indien u enige probleme ondervind.
Ø Een of twee persone is voldoende vir bediening.
Ø Alle benodighede om te bedien moet asseblief saamgeneem word. |
Pinksterdienste |
Pinksterbidure word jaarliks by Moedergemeente gehou
|
Sop: 60 liter verkieslik net 2 soorte sop.
Sop in prutpot wat gemerk is moet 18:00
by Moedergemeente wees.
Broodjies: 20 brode net met botter/margarien. Kan oop of toebroodjies wees. |
Bediening van tee en verversings by Kroon-dagsorgsentrum, ons Sentrums vir bejaardes en Kroon-gemeenskapsentrum.
|
Kankerkliniek
|
|
Ø Kontakpersoon Wollie van Schalkwyk sel nr 076 044 1686.
Ø Klaar datum en getal vooraf met Wollie uit.
|
ENGO donasie
|
Ø ‘n Donasie van ongeveer R2000 vanaf gemeentes word verkies.
|
|
Kroon Dagsorgsentrum
|
Ø Kontak haar 2 weke voor die tyd.
Ø Ongeveer 60 persone. (Vra behoefte)
Ø Ligte etes, uitstappies of stimulerende programme is welkom.
Ø Blikkies konfyt, toebroodjies, toiletware, beskuit, koeldrank, koffie, tee, melk, ens.
kan by die sentrum afgelewer word.
|
|
Huis Edelkroon
|
Ø Skakel haar 2 weke voor die tyd.
Ø Eerste Donderdag van die maand om 09:30 in die eetsaal.
Ø Ongeveer 95 persone waarvan 20 diabete is.
Ø Help personeel om een soet en een sout in bordjies te plaas.
Ø Alternatief is om voorraad Mariebeskuitjies en Marshmallows te voorsien wat die
personeel dan oor ʼn tydperk uitreik aan die inwoners
|
|
Presidentia Jeugsorgsentrum
|
![]() |
Ø Kontakpersoon: Mev. Anna Mulder Tel: 082 851 3592.
Ø Skakel haar 2 weke voor die tyd.
Ø Vra watter dag sal geskik wees om hul te besoek.
Ø Ongeveer 14 kinders.
Ø Vra wat hul behoefte is. Donasie of eetgoed? (Poeding / Aand bederf?)
|
Kroon Gemeenskapsentrum
|
![]() |
Ø Kontakpersoon: Bridget Coetzee Tel: 056 492 0013.
Ø Bedien eetgoed vir inwoners van Soeterus en woonstelle op terrein in die
David Jacobzsaal by Edelkroon.
Ø Kontak Bridget 2 weke voor die tyd om getalle te bevestig en reëlings te tref.
Ø Ongeveer 60 bejaardes.
Ø Plaas vooraf een soet en een sout eetgoed in bordjies.
Ø Gemeente is verantwoordelik vir die melk – sentrum voorsien koffie en tee.
|