Gedagte vir Vandag
As die wêreldse kennis 'n mens van God af weghou, is dit nie wysheid nie
Gemeentebediening

Welkom by Kroonstad-Oos.........

Mag Jesus in Sy volheid weereens in hierdie Kerstyd in ons harte gebore word!

Mag Kersdag vir ons elkeen 'n feesdag wees, 'n dag van intense blydskap, omdat Jesus na die wêreld gekom het om vir jou en my verlossing te bring!

Mag ons stom staan by die wete dat die Liefde  waarvan die Woord ons verseker in Efesiërs 3:18-19 ook  vir ons is! 

"Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.  Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mah julle heeltemal vervul word met die volheid van God"

Mag die Heilige Gees ons daartoe dring om hierdie liefde te gaan uitleef teenoor só baie wat dit só nodig het.

 

Dit wat ons doen hoef nie groot te wees of ons baie te kos nie - net  die uitdeel van die volmaakte Liefde wat ons van Ons Hemelse Vader deur Jesus Christus ontvang het.

Klein gebare van gee,

Kyk met sagte oë sonder oordeel,

Praat met deernis en met die gesindheid waarmee Jesus sou,

Deel uit van die oormaat wat jy ontvang het sonder om te weeg..... 

Doen dit en jy sal 'n feesdag ervaar!

 

Geseënde Kersfees aan almal!!


 

 

 

PostHeaderIcon Wat sê Jesus

Julle moet mekaar liefhê

 

Johannes 13:31-35

"Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê.   Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.   As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is"

Wanneer 'n mens iets baie belangriks wil sê, bêre jy dit gewoonlik vir heel laaste - so word dit die beste onthou.   Toe Jesus se kruisiging nader kom en Hy besef dat Hy nog net 'n klein rukkie by sy dissipels sal kan wees, sê Hy vir hulle 'n baie belangrike ding wat Hy wil hê hulle altyd sal onthou, ook wanneer Hy weg is van hull

 

"EK gee julle 'n nuwe gebod," sê Jesus.   "Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.   As julle dit doen sal almal weet dat julle dissipels van My is"  

 

Is ons werklik Jesus se dissipels?

 

 

PostHeaderIcon Ander webwerwe

Registreer/Teken in
Besprekings

More...

January 2012
SMTWTFS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031 
Wie is aanlyn?
We have 19 guests online